Skeppingsgees

In the grand scheme of things, the average piece of junk is more meaningful than our criticism designating it so. – Anton Ego

Eens op ‘n tyd was ek oortuig die werk van ‘n fliekresensent  is vir my pasgemaak. Fliek was ‘n geliefde tydsverdryf en wat sou beter wees as om daarvoor betaal te word? My ouers se Cinemania 95 CD het my ure lank besig gehou, waar ek die resensies van Leonard Maltin, Pauline Kael en (veral) Roger Ebert verslind het. Ek het die loopbane van gunsteling-regisseure en akteurs nagevors. Die wêreld van die fliekbedryf was byna so opwindend soos die avonture wat op die silwerdoek self afgespeel het.

In die verloop van my swottings het flieks ‘n nog meer sentrale plek in my lewe ingeneem. Bedags het ek my bekwaam op my toekomstige loopbaan, terwyl ek naweke myself in ‘n denkbeeldige wêreld verloor het. In daardie dae het flieks gevoel soos ‘n voorskou van die lewe van opwinding en prestasie wat my vir seker afgewag het.

As ek nou terugdink besef ek tot watter mate dié denkbeeldige wêreld en my belangstelling daarin ‘n manier was om onsekerheid te besweer. Wat verstommend is is hoe onbewus ‘n mens kan wees oor wat werklik in eie gemoed aangaan. ‘n Omvattende kennis van flieks en die persoonlikhede wat daarby betrokke is, is ‘n uitstekende teenmiddel vir ‘n groeiende gevoel van onsekerheid oor die toekoms, en vir ‘n lewe wat dikwels erg kortskiet van die ideaal.

‘n Beter antwoord as ontvlugting lê natuurlik in die mens se ingeboude skeppingsgees. Of dit nou lê in kreatiwiteit of die verwerf van kennis, laat dié soort inspanning jou toe om verbasende dieptes in jou eie siel te ontdek. Sodoende vermy jy die lokval van ‘n steriele bestaan, ‘n bestaan van kyk, eerder as doen.

Doen jou ding, en doen wat jy kan om dit met ander te deel.

Al is dit nou maar net om ‘n nederige blog te begin.

One thought on “Skeppingsgees

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s