Nuwe begin vir superheld

THE AMAZING SPIDER-MAN – Met Andrew Garfield, Emma Stone, Rhys Ifans, Denis Leary en ander. Regie deur Marc Webb.

Tien jaar nadat Sam Raimi se Spider-Man kykers na teaters laat stroom het en die geld laat inrol het, herbesoek The Amazing Spider-Man die oorsprong van Marvel se gewildste superheld. Dit is nie ‘n opvolg van Raimi se reeks nie en dié keer neem Andrew Garfield die rol oor wat oorspronklik deur Tobey Maguire vertolk is. 

Peter Parker (Garfield) is ‘n begaafde hoërskool-leerling en kranige uitvinder met ‘n sterk belangstelling in die wetenskap. Sy ouers het hom jare tevore in die sorg van sy oom en tante gelaat en sy enigste leidraad om die waarheid agter hul verdwyning te ontdek is hul navorsing oor genetika saam met die wetenskaplike dr. Curt Connors (Rhys Ifans). Peter se rondkrap in sy ouers se geheimsinnige verlede lei tot die ongeluk wat hom verander in sy alter-ego, Spider-Man, en binnekort moet hy ook koppe stamp met die geweldadige Lizard, ‘n gedugte vyand wat sy ontstaan te danke het aan die donker kant van dr. Connors se navorsing. 

The Amazing Spider-Man voel dikwels soos ‘n onnodige nuwe weergawe van die oorspronklike, veral omdat Raimi se Spider-Man reeds dié karakter se ontstaan uitstekend uitgebeeld het. Dus kan die eerste helfte van die fliek vervelig voel vir kykers wat reeds aanhangers is. 

Die positiewe is egter dat dié fliek in baie opsigte sterker is as Sam Raimi se oorspronklike. Garfield is ‘n goeie plaasvervanger vir Maguire en bring ‘n vars energie tot die rol. Op ‘n tegniese vlak baat die fliek by die vordering in spesiale effekte wat oor die afgelope tien jaar plaasgevind het en die uitbeelding van Spider-Man en die Lizard se supermagte voorsien ‘n vermaaklike skouspel. Sodra die langdradige openingstonele afgehandel is vind die fliek sy voete en bied dit een van die jaar se vermaaklikste strokiesprent-avonture op die grootskerm.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s