Trilogie sluit af op hoë noot

THE DARK KNIGHT RISES. Met Christian Bale, Michael Caine, Gary Oldman, Anne Hathaway, Tom Hardy, Marion Cotillard, Joseph Gordon-Levitt en Morgan Freeman. Regie deur Christopher Nolan.

Met The Dark Knight Rises sluit die regiseur Christopher Nolan sy Batman-trilogie af. Die rolprent bou voort op Nolan se realistiese benadering tot die superheld-genre, soos reeds gesien in Batman Begins en The Dark Knight. Ná die gebeure van The Dark Knight het Bruce Wayne (Christian Bale) afstand gedoen van sy geheime identiteit as Batman. Hy woon in afsondering in sy herehuis saam met sy huiskneg, Alfred (Michael Caine). Misdaad is onder beheer en Gotham is nou ‘n welvarende stad. Wayne voel dat sy Batman-persona nou uitgedien is. Die terroris Bane (Tom Hardy) beplan egter ‘n gewaagde aanval op Gotham en Wayne word gedwing om weer die rol van Batman aan te neem, maar selfs Batman staan dalk nie ‘n kans teen hierdie vyand nie. Boonop moet hy ook tred hou met die bedrywighede van die slinkse klouterdief Selina Kyle (Anne Hathaway).

The Dark Knight Rises neem ‘n rukkie om ‘n vaste voet te vind. Die rolverdeling voeg ‘n groot aantal nuwe karakters tot die verhaal en aanvanklik is dit moeilik om by te bly met al die draaie wat die storielyn neem. Kykers sal ook vertroud moet wees met die vorige rolprent, The Dark Knight, aangesien die gebeure van The Dark Knight Rises direk aansluit by sy voorganger se verwikkelinge.

Wanneer die fliek egter op dreef kom voorsien dit ‘n skouspel wat dit waarskynlik die sterkste van Nolan se Batman-reeks maak, en dalk die beste verskyning van dié karakter op die silwerdoek. Veral ná Batman se eerste kragmeting met die aartsvyand Bane neem die storie ‘n aantal verrassende wendings aan. Aksietonele oorheers die laaste uur, maar die karakters en hulle verhoudings met mekaar word steeds op ‘n boeiende manier ontwikkel. Dit word ‘n rolprent van merkwaardige intensiteit en oortuiging en behoort beide fliekvlooie en strokiesprent-aanhangers tevrede te stel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s