Aksie-skouspel maar effens vervelig

THE EXPENDABLES 2. Met Sylvester Stallone, Jason Statham, Jet Li, Dolph Lundgren, Chuck Norris, Terry Crews, Randy Couture, Liam Hemsworth, Jean-Claude Van Damme, Bruce Willis en Arnold Schwarzenegger. Regie deur Simon West.

The Expendables 2 bied nog ‘n aflewering van die avonture van Barney Ross (Sylvester Stallone) en sy bende brutale huursoldate. Die geheimsinnige Mr Church (Bruce Willis) dwing die groep om ‘n gevaarlike sending in Albanië te onderneem. In die verloop van dié onderneming loop hulle hul vas in die psigotiese Jean Vilain (Jean-Claude Van Damme), ‘n mededingende huursoldaat wat ‘n versteekte stoor plutonium uit ‘n verlate myn wil uitgrawe om op die sluikhandel te verkoop. Vilian en sy moordbendes vermoor en terroriseer die inwoners van ‘n nabye dorpie in die nastreef van hierdie doel. Boonop sterf een van die Expendables in hul eerste ontmoeting met Vilain, wat ‘n oorlog tussen die twee groepe ontketen.

Soos met sy voorganger onderneem The Expendables 2 om die uiterste uitdrukking van die aksie-genre te wees. Dit bied ‘n rol vir meeste van Hollywood se grootste aksie-helde van die afgelope dertig jaar en dit hou nie terug nie wanneer dit kom by raserige en gewelddadige aksie-tonele. Dit is egter ‘n jammerte dat die fliek tot so ‘n groot mate staatmaak op formule. Min verbeelding word aan die dag gelê en geen nuwe terrein word hier ontgin nie.

Anders as sy voorganger behou The Expendables 2 ‘n sin vir humor oor hierdie dikwels belaglike genre. Die dialoog is vol verwysings na die akteurs se vorige rolle gedurende hul vergange dae van glorie, asook tonele van geforseerde gekskeerdery en kameraadskap. Alhoewel die komedie gewoonlik platval, verlig dit darem die fliek se oormatige erns.

The Expendables 2 is nie baanbreker vermaak nie, maar, alhoewel dit nie sterk vir die grootskerm aanbeveel kan word nie, kan dit dalk ‘n stukkie goeie vermaak bied as ‘n huurfliek op ‘n Vrydagaand.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s