Terugblik op mylpaal in wetenskapsfiksie

BLADE RUNNER. Met Harrison Ford, Rutger Hauer, Sean Young en Edward James Olmos. Regie deur Ridley Scott.

Dertig jaar gelede het Ridley Scott se Blade Runner aanvanklik opslae gemaak. Die storielyn is taamlik eenvoudig en vertel van Rick Deckard (Harrison Ford), ‘n lid van ‘n sogenaamde “Blade Runner”-eenheid in Los Angeles in 2019. As “Blade Runner” is dit Deckard se taak om die bevolking van Los Angeles te beskerm teen “replicants”, gevorderde robotte wat in alle opsigte soos mense lyk, maar met min menslike empatie of deernis. 

As ‘n rolprent het Blade Runner talle tekortkominge. Die menslike element is maar dun en soms nie voldoende deurdink nie. Die yl dialoog en min karakterontwikkeling kan die tydsame tempo van die rolprent nog meer uitmergelend laat voel. Verder bied dit minder aksie as waaraan moderne gehore gewoond sal wees, al is dit in essensie ‘n aksiefliek. 

Dit bly egter staan as ‘n testament tot die krag van die rolprent as kunsvorm. Die mees prysenswaardige aspek is die stelontwerp. Ná 30 jaar bly die visuele aspek ongeëwenaard. Die wêreld wat hier uitgebeeld word is een van die wetenskapsfiksie se mees atmosferiese visioene van ‘n vervalle toekoms. Moderne rolprente slaag wel daarin om soortgelyke tonele na die silwerdoek te bring, maar kan net daarin slaag deur swaar op rekenaargrafika te steun. Blade Runner se uitsonderlike prestasie is dat dit alles reggekry word deur tradisionele stelontwerp, kostuums en rekwisiete. Teen hierdie agtergrond bied die rolprent verder ryk tematiese inhoud en vra prikkelende vrae oor wat dit beteken om mens te wees en waarin die sin van ons bestaan lê. Die rolprent se uitsonderlike sterkpunte is wat jou bybly en die tekortkomige word gou vergeet. 

Verskeie weergawes is beskikbaar op DVD, maar die “final cut” kan aanbeveel word en is beskikbaar op kalahari.net. Die ouer “director’s cut” is ook beskikbaar vir ‘n veel goedkoper prys en kan aanbeveel word vir kykers wat minder seker is of dié rolprent in hul smaak sal val. 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s