Eksentrieke viering van die vergang van onskuld

MOONRISE KINGDOM – Met Jared Gilman, Kara Hayward, Bruce Willis, Edward Norton, Bill Murray, Frances McDormand, Tilda Swinton, Jason Schwartzman en Bob Balaban. Regie deur Wes Anderson.

Moonrise Kingdom beeld gebeure uit gedurende ’n bedrywige aantal dae op die eiland van New Penzance, geleë langs die Amerikaanse kus in die New England-streek. Jong Sam Shakusky (Jared Gilman) is smoorverlief op Suzy Bishop (Kara Hayward). Sam is ’n weeskind wat onwillig deelneem aan ’n ‘khaki scout’-kamp (soortgelyk aan die Boy Scouts). Suzy worstel met troebel verhoudings met haar ouers (Frances McDormand en Bill Murray), wat haar nie erken vir die begaafde kind wat sy is en nie en verkies om haar as ’n ‘moeilike’ kind te ervaar. Saam spreek Sam en Suzy af om van dié omstandighede te ontsnap en ontvlugting in die eiland se wildernis te gaan soek.

Die regisseur van Moonrise Kingdom, Wes Anderson, het die besonderse gawe om sy persoonlike visie uit te beeld en sy styl is onmiskenbaar. Sy rolprente is besorg oor die melankolie van die lewe, maar Moonrise Kingdom breek effens met dié tradisie deur die optimisme van tienerjariges te vier, voordat hulle die smaak van teleurstelling en verlies aan onskuld leer ken. Hierdie oorgang van onskuld na ervaring word vergestalt in die kontras tussen Sam en Suzy, en die ontnugterde volwassenes wat hulle probeer opspoor. Die begaafde akteurs beeld hul eksentrieke karakters oortuigend uit, sonder om hul menslikheid uit die oog te verloor.

Die fliek is ook visual besonder treffend en die agtergrond van idilliese herfsagtige natuurtonele is die ideale agtergrond vir die verhaal. Die regisseur se styl kan as gekunsteld ervaar word, maar dit behoort kykers nie af te skrik nie, solank hulle bereid is om hulself in te leef en weer vir ’n tydjie die wêreld deur onskuldige oë te beskou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s