Beste van 2012

Met ’n nuwe jaar in die vooruitsig is dit tyd om terug te kyk na my gunsteling-flieks van 2012.

10. Madagascar 3
Ná twee rolprente vind die Madagascar-reeks sy voete, met ’n prettige avontuur wat hoofsaaklik aanklank by kinders sal vind. Volwassenes kan egter die vernuf agter die animasie en stemwerk waardeer.

9. Semi-Soet
Semi-soet is met regte goed ontvang deur plaaslike gehore. Dit is ’n genietlike, maar soms geforseerde, romantiese komedie wat bewys dat plaaslike komedie meer gesofistikeerd as Leon Schuster se streke kan wees en tog sukses behaal.

8. The Iron Lady
Meryl Streep is die hoogtepunt van dié kyk na die lewe van Brittanje se voormalige eerste minister. Dit is teleurstellend dat die fliek nie meer insig oor Margaret Thatcher verskaf nie, maar Streep se uitstekende spel moet beleef word.

7. The Dark Knight Rises
Die afsluiting van die nuutste Batman-trilogie stel nie teleur nie. Dit bied ’n oorspronklike benadering tot die superheld-fliek, stewig gewortel in die werklikheid, maar sonder om te skroom om ook ’n oorverdowende en vermaaklike skouspel te wees.

6. Ruby Sparks
’n Bittersoet romantiese komedie wat kyk na die lief en die leed van romanse in die moderne wêreld. Dis maklik om te hou van Paul Dano en Zoe Kazan as ’n paartjie en die res van die akteurs bied goeie ondersteuning.

5. Ted
Ted is dikwels uiters skurf, maar net so dikwels skreeusnaaks. Die sukses van die komedie hang egter grootliks daarvan af of die gehoor in voeling is met Amerikaanse populêre kultuur.

4. Cloud Atlas
Dié ambisieuse verwerking van die epiese roman vra die gehoor se onverdeelde aandag oor die fliek se lang verloop, maar aandagtige kykers behoort beloon te word deur ’n treffende kykervaring.

3. Moonrise Kingdom
Wes Anderson bied ’n melankoliese kyk na die oorgang van jeug na ervaring, in sy onmiskenbare en treffende visuele styl.

2. Die Wonderwerker
Katinka Heyns bied die beste Afrikaanse fliek van die jaar, met sterk toneelspel en atmosferiese, meesleurende kamerawerk.

1. Searching for Sugar Man
’n Buitengewone dokumentêre rolprent oor die merkwaardige loopbaan van die geheimsinnige musikant Rodrigues. ’n Belewenis wat pluk aan die hartsnare, met Rodrigues en sy treffende lirieke en musiek wat die kollig inneem.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s