Pi se stryd laat tergende vrae

Life of pi. Met Suraj Sharma, Irrfan Khan, Tabu, Adil Hussain, Gerard Depardieu en Rafe Spall. Regie deur Ang Lee. 

Life of Pi se pogings om groot vrae te vra is prysenswaardig, maar dit is die rolprent se visuele krag en intensiteit wat jou sal bybly, eeder as die filosofiese onderstrominge. Van die eerste tot die laaste word die silwerdoek oorlaai met fyn detail en die harde werk, denke en vernuf wat met die vervaardiging van die rolprent ingespan is, is met die eerste oogopslag sigbaar. Life of Pi is nog ’n trotse byvoeging tot Ang Lee se portefeulje as regisseur. Veral Pi Patel (Suraj Sharma) se stryd om oorlewing op die oop see, wat die grootste deel van die rolprent in beslag neem, lewer een treffende visuele oomblik ná die volgende.

Die gebruik van 3D-tegnologie word nog dikwels gebruik as ’n foefie om gehore na middelmatige rolprente te lok, maar Lee se gebruik van dié tegniek in Life of Pi is goed deurdag en voeg werklik waarde tot die aanbieding. Dit word slim aangewend om die vreemde en fantastiese nog meer van die werklike te onderskei en, omgekeer, gee dit ’n bonatuurlike skyn aan die alledaagse.

Life of Pi poog ook om geestelike en teologiese temas te ontgin. Die sukses van hierdie poging sal grootliks afhang van die gehoor se eie oortuigings. Dit wil voorkom asof die rolprent die argument maak dat geestelikheid noodsaaklik is om ’n bevredigende lewenservaring te hê, maar in ander opsigte maak dit die tematiese stelling dat die heelal dikwels ongevoelig teenoor die mens se lyding voorkom en dat ons eerder op onsself en ons rede moet staatmaak. Life of Pi kan gelees word as ’n argument vir die waardige idee dat daar ruimte gelaat moet word vir alle gelowe en wêreldbeskouings, maar die opsetlike dubbelsinnigheid kom ook as ietwat wollerig voor en voel nie volkome opreg nie.

Dit is egter beslis fliekvlooie se tyd werd om in Pi se reis te deel, al laat dit dalk meer vrae opkom as wat dit oplos.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s