Ontspanne pret vir naweek-aand

KLEIN KAROO. Met Tim Theron, Donnalee Roberts, Hykie Berg, Anel Alexander, Sisanda Henna, Pierre Breytenbach, Amalia Uys en Bouwer Bosch. Regie deur Regardt van den Berg.

Met die aanbreek van die ‘maand van liefde’ kom nog ‘n Afrikaanse romantiese komedie wat hoop om fliekgangers se harte te verower. Die bemarking en algehele styl van Klein Karoo herinner sterk aan verlede jaar se Semi-Soet en is gewis op ‘n soortgelyke gehoor gemik. ‘n Mens kan maar net hoop dat dié rolprent dieselfde sukses gaan behaal, maar dit is ‘n jammerte dat Klein Karoo daarmee tevrede is om dié bekende terrein weer te begaan eerder as om na groter oorspronklikheid te reik. Met dit gesê bly Klein Karoo ‘n aangename kykervaring en is goeie ligte vermaak vir ‘n naweek-aand saam met ‘n geliefde.

Die Klein Karoo self is ‘n welkome byvoeging tot die rolverdeling. Die natuurtonele is ‘n fees vir die oog en die rolprent baat beslis deur die ligging waarin dié liefdesverhaal hom afspeel. Die romantiese storielyn is heel meesleurend en pluk aan die hartsnare. Dit is voorspelbaar, maar die akteurs se spel slaag daarin om die gehoor aan die karakters se kant te kry en ons gun dié mense hul kans op geluk en liefde. Die sukses van die wyse waarop die liefdesdriehoek afspeel is ook danksy die klankbaan, wat die emosie van die rolprent onderstreep sonder om manipulerend te wees.

Die akteurs is ook uitstekend en dis goed om heelwat nuwe gesigte in ‘n Afrikaanse rolprent te sien. Vir meeste van die akteurs is Klein Karoo die grootste rolprent in hul loopbane tot dusver en nuwelinge soos Tim Theron, Sisanda Henna en Bouwer Bosch vaar goed langs ervare toneelspelers soos Hykie Berg en Anel Alexander. Klein Karoo is ook ‘n mylpaal vir Donnalee Roberts en is ‘n sterk aanduiding dat ‘n suksesvolle loopbaan in die rolprentbedryf op haar wag.

Gaan kyk gerus Klein Karoo as jy op soek is na ‘n lekker romantiese komedie vir ‘n Valentynsnaweek. Goeie Afrikaanse rolprente wat aan hierdie behoefte voldoen bly maar ‘n seldsame plesier.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s